Ek bespreek 'n onlangse artikel in The Economist asook my eie ervaring van die sosiale media as gespreksforum.
Ek het oor die afgelope 7 jaar verskeie essays op my blog gepos oor die uitdagings wat Christene vandag in die oë moet kyk. Ons samelewing het onherroeplik verander en baie van die metodes wat ons vroeër gebruik het om die evangelie met ons medemens te deel werk nie meer nie. In 'n donker wêreld waarin al meer mense geen sin in die lewe sien nie, is die evangelie van verlossing deur die bloed van one Here Jesus Christus so broodnodig. Maar hoe sal ons andere bereik?
Persone wat my van geen kant ken nie het my dramaties aangeval en beledig. Sommige het my karakter probeer swartsmeer en selfs van my familielede op Facebook aangeval. Daar was geen poging om werklik oor die inhoud van die brief (wat reguit maar in 'n goeie gees geskryf is) in gesprek te gaan nie – eerder net om 'n wanvoorstelling daarvan te maak asof ek vir Jean in persoon sou aanval. Alhoewel ek Jean nog altyd as 'n gawe persoon geken het (in soverre ons per geleentheid in dieselfde geselskap saam was), het hy geen moeite gedoen om my besorgdheid aan te spreek nie maar het hy my eerder van "fundamentalisme" beskuldig (ek is konserwatief/behoudend maar soos die essays op my blog toon is ek beslis nie "fundamentalisties" nie) en in gesprekke aan mense genoem dat my teologie verdag sou wees (ek veronderstel dat 'n agnostikus soos hy in 'n goeie posisie is om my "teologie" te beoordeel).
Ten tweede beteken dit dat ons as Christene op ander vindingryke wyses die markplein sal moet betree. Ons sal meer onder mekaar moet praat oor hierdie kwessies [2]. Ons sal baie meer moet saambid. Ons sal te alle tye Christus se liefde moet uitleef. En ons sal moet volhard om met integriteit aan gesprekke deel te neem. Dit gaan nie daaroor dat ons al die oplossings moet hê nie (al kan ons baie goeie antwoorde gee!) maar dat ons met eerlikheid en integriteit met ander in gesprek gaan oor die wonder van verlossing in Christus.

One
kan die plek waar ons met mense te doen kry en waar ons met
hulle in gesprek gaan, die "markplein" noem. In
die ou tyd het filosowe soos Sokrates op die markplein met mense
gesels en Paulus het dieselfde gedoen toe hy in Athene was. Deur die
eeue het die "markplein" 'n meer uitgebreide konsep
geraak waarin alle soorte media gebruik word om met ander persone in
gesprek te tree. Ons kan inderwaarheid van die "markplein van
denke" praat – dit is die ruimte waarbinne denke
oor allerlei dinge met mekaar uitgeruil word.
Die antieke markplein |
In
ons tyd het sosiale media tot een van die belangrikste forums vir
gesprek ontwikkel. Alhoewel ander mediums steeds belangrik is –
wat natuurlik eposse en sulke elektroniese media insluit – het
sosiale media platforms soos Facebook en Twitter 'n totaal nuwe
ruimte vir gesprek geskep. Of so sou 'n mens dink. In 'n onlangse
uitgawe van The Economist (11-17 November 2017)
waarin die nuuste bevindinge oor sosiale media as gespreksforum
bespreek word, word hierdie gedagte egter in twyfel getrek. Ek
gaan in hierdie essay kortliks die implikasies van hierdie artikel in
die lig van my eie ervaring bespreek.
Sosiale
media
Navorsing
wat oor die afgelope 10 jaar gedoen is toon dat die sosiale
media 'n baie negatiewe effek op gesonde en oop gesprek gehad het.
Waar mense vroeër baie meer genuanseerd gedink het en daar
heelwat gemeenskaplikheid was, is een van die belangrikste uitkomste
van sosiale media dat dit mense in opponerende kampe verdeel wat 'n
radikale standpunt teenoor mekaar inneem. Mense luister nie meer
na ander standpunte nie – hulle stel gewoon net in hul eie siening
belang. Dit sluit aan by die gedagte van 'n post-waarheid era
waarin daar 'n ongemak is met die "waarheid" insoverre dit
van iemand se siening verskil. Daar is dus al minder plek vir eerlike
en oop gesprek waaraan mense met intergriteit deelneem. Alhoewel
die artikel in The Economist op politiek in die
VSA fokus, is dit duidelik ook waar van die godsdiensfront.
Ek
kan hier uit ervaring praat. In my gesprekke
met ateiste en agnostici (in baie verskillende
forums) op Facebook, is ons bewus dat daar baie
mense is wat die geprek volg. Die gevolg is dat deelnemers soos in
'n Romeinse arena die impuls ondervind om op enige
moontlike wyse goedkoop punte te behaal en om ten alle
koste te wen. Voor so baie toeskouers kan die deelnemers dit nie
bekostig om gesig te verloor deur te toon dat hulle onseker is of nie
antwoorde het nie. Daar is dus geen plek vir eerlikheid, openlikheid
en 'n soeke na ware antwoorde nie. Soms sal persone doodeenvoudig net
aanhoudend memes (kort slagspreuke) of skakels pos
sonder om werklik met die kwessie voor oë in gesprek te gaan.
Wat
ek ook vind, is dat daar sekere mense of Facebook is wie
se ondersteuners soos 'n span wolwe op jag is om enige persoon
wat verskil of 'n ander mening het aan te val en te beledig. Ek het
'n tyd gelede (op 4 Augustus) nogal deurgeloop nadat ek 'n ope brief
aan Jean Oostuizen geskryf het (en op my en sy fb muur gepos het)
waarin ek beswaar gemaak het teen die wyse waarop 'n gas in
sy program "Uit 'n ander hoek" die Bybelse God beledig [1].
Soos ek dit in my skrywe aan Jean gestel het, het ek geen probleem
dat diegene soos hy wat agnosties is 'n geleentheid kry (soos alle
ander gelowe) om op die SAUK oor hul geloof te gesels nie: "As
jou program suiwer daarop ingestel was om 'n agnostiese geloof te
bely sonder om die Christelike geloof te betrek (is so iets
moontlik??) soos al die ander gelowe doen en poog om verdraagsaamheid
en respek teenoor ander gelowe te bevorder, sou dit 'n ander saak
wees".
Persone wat my van geen kant ken nie het my dramaties aangeval en beledig. Sommige het my karakter probeer swartsmeer en selfs van my familielede op Facebook aangeval. Daar was geen poging om werklik oor die inhoud van die brief (wat reguit maar in 'n goeie gees geskryf is) in gesprek te gaan nie – eerder net om 'n wanvoorstelling daarvan te maak asof ek vir Jean in persoon sou aanval. Alhoewel ek Jean nog altyd as 'n gawe persoon geken het (in soverre ons per geleentheid in dieselfde geselskap saam was), het hy geen moeite gedoen om my besorgdheid aan te spreek nie maar het hy my eerder van "fundamentalisme" beskuldig (ek is konserwatief/behoudend maar soos die essays op my blog toon is ek beslis nie "fundamentalisties" nie) en in gesprekke aan mense genoem dat my teologie verdag sou wees (ek veronderstel dat 'n agnostikus soos hy in 'n goeie posisie is om my "teologie" te beoordeel).
Hierdie
optrede maak dat Christene baie versigtig is om hul nek uit te steek.
Daar is 'n kondisionering deur vrees wat tot gevolg het dat Christene
nie by sulke gesprekke wil betrokke raak nie. En ek kan dit verstaan.
In sommige gevalle is diegene wat vir my opgekom het ook so
swartgesmeer en hul karakter en familie op Facebook beswadder.
Duidelik gaan dit lankal nie meer oor integriteit en "oop"
gesprek nie – dit gaan slegs om die opponent te probeer
vernietig. Ek het wel die feit dat so baie Christene die brief
met andere gedeel (geshare) het waardeer – dit 'n effektiewe manier
om ons stem te laat hoor. Voorts moet ek ongelukkig erken dat
Christene ook soms so sonder liefde op Facebook optree en in die verlede die
narratief probeer beheer het (soos in die Apartheid tyd toe die NG
kerk dit vir ander Christelike denominasies en groepe baie moeilik
gemaak het om hul stem te laat hoor). Baie onder ons het vandag nog
letsels omdat hulle destyds selfs nie werk kon kry as hulle nie 'n
brief van 'n NG predikant kon toon nie!
Wat
Jean se program betref, is daar ook 'n klagte by die uitsaaiowerheid
ingedien. Alhoewel ek dink dat die klag nie baie goed geformuleer was
nie, was dit nie vir my vreemd dat daar in Jean se guns beslis is
nie. Hy het inderdaad nie self die godslasterlike stellings gemaak
nie [1]. Dit was een van sy gespreksgenote. Tog is die program voor
die tyd opgeneem (wat aan die SAUK tyd gegee het om op regstellings
aan te dring) en Jean het ook niemand op die program gehad wat
bekwaam was om die Christen saak te midde van sulke aantygings te
stel nie (en dit terwyl die Christelike geloof baie direk en radikaal
daarin aangeval is). Daar is by my geen twyfel dat die SAUK
nooit sou toelaat dat soortgelyke dinge oor die Moslem geloof gesê
word nie! So, dit lyk vir my ons is nou in 'n era van
dubbele standaarde: die SAUK kan as forum gebruik word om die
Christen standpunt aan te val maar nie die Moslems nie!
Die
toekoms
Ek
dink ons as Christene moet aanvaar dat die establishment media lankal
nie meer vir ons vryelik toeganklik is nie. Tydskrifte en
koerante soos Rapport dans gewoon na die pype
van ateiste wat aggressief en aktivisties die openbare narratief
probeer beheer. Dit beteken dat ons toegang tot die openbare media
baie beperk is. Ook op sosiale media probeer hierdie aktiviste die
narratief beheer. Hulle aggressie toon dat hulle hoegenaamd nie in
enige "oop" gesprek belangstel waarin 'n baie beter
narratief as hulle sin op die tafel geplaas kan word sodat mense self
hulle opinie kan vorm nie. Die kenmerke van sulke interaksies ('n
mens kan dit seker nie meer "gesprekke" noem nie) is woede,
onverdraagsaamheid, haat en 'n totale onwilligheid om met integriteit
na ander persone te luister.
Is
dit hoe die toekomstige markplein daar gaan uitsien? As die
samelewing al meer in sulke kampe verdeel en die Christen stem
stilgemaak word in die openbare media, dan staan ons in 'n baie
nadelige posisie en gaan die ateiste oënskynlik maklik
veld wen. Of gaan hulle? Ek dink dat daar by baie mense 'n groot
ongemak is met sulke negatiewe en barbaarse optrede. 'n Dogmatiese en
ideologiese benadering maak dat mense (ateiste en Christene!)
alle morele waardes prysgee om hul doelwit te bereik – maar daar
is steeds baie mense wat nooit met 'n narratief wat sulke
optrede goedpraat en verdedig gemaklik sal wees nie. Ek glo dat daar
ook baie ateiste en agnostici is wat sulke optrede ten sterkste
afkeur maar dit lyk ongelukkig of die sondebokke grotendeels in hul
kader val (ek praat nie hier van net een voorval nie - alhoewel dit 'n
mooi voorbeeld is - maar van verskeie gesprekke waaraan ek deelgeneem het waarin soortgelyke dinge gebeur het).
Wat
van die toekoms? Ek dink dat gesprekke oor godsdiens al minder op
sosiale media gaan voorkom en dat forums vir daardie doel uiteindelik
gewoon die skape en bokke in hul kampe gaan verdeel. Ek dink ook nie
debatte is die antwoord nie. Alhoewel dit impas by die huidige
markplein as 'n gevegsone, dink ek nie dat rasionele argumente die
geveg gaan wen nie. Hierdie tipe gesprekke het 'n
sterk emosionele ondertoon en dit reflekteer 'n
samelewing met baie innerlike wonde en seerkry.
Soos ek dinge sien sal ons as Christene op veral twee vlakke moet opleef tot die eise van ons tyd. Ten eerste sal ons moet besef dat ware Christenskap altyd impliseer dat ons Christus se liefde moet uitleef. Christenwees is om 'n gekruisigde lewe te lei – dit is 'n lewe wat volkome aan Christus oorgegee is. Dit beteken dat ons ook bereid is om vir ons Meester op te staan en te ly soos ons lees: "Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil. Verbly en verheug julle omdat julle loon groot is in die hemele: want so het hulle die profete vervolg wat voor julle gewees het" (Matt. 5:11-12). Dit beteken nie dat ons dwaas moet optree in 'n vleeslike ywer nie; ons moet altyd onder die leiding van die Heilige Gees beweeg.
Soos ek dinge sien sal ons as Christene op veral twee vlakke moet opleef tot die eise van ons tyd. Ten eerste sal ons moet besef dat ware Christenskap altyd impliseer dat ons Christus se liefde moet uitleef. Christenwees is om 'n gekruisigde lewe te lei – dit is 'n lewe wat volkome aan Christus oorgegee is. Dit beteken dat ons ook bereid is om vir ons Meester op te staan en te ly soos ons lees: "Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil. Verbly en verheug julle omdat julle loon groot is in die hemele: want so het hulle die profete vervolg wat voor julle gewees het" (Matt. 5:11-12). Dit beteken nie dat ons dwaas moet optree in 'n vleeslike ywer nie; ons moet altyd onder die leiding van die Heilige Gees beweeg.
Ten tweede beteken dit dat ons as Christene op ander vindingryke wyses die markplein sal moet betree. Ons sal meer onder mekaar moet praat oor hierdie kwessies [2]. Ons sal baie meer moet saambid. Ons sal te alle tye Christus se liefde moet uitleef. En ons sal moet volhard om met integriteit aan gesprekke deel te neem. Dit gaan nie daaroor dat ons al die oplossings moet hê nie (al kan ons baie goeie antwoorde gee!) maar dat ons met eerlikheid en integriteit met ander in gesprek gaan oor die wonder van verlossing in Christus.
[1]
In "Uit 'n ander hoek" op Sondag 6 Augustus 2017 op SAUK
uitgesaai. Pienke: “... Hoe iemand wat rampspoed skep [i.e.
God] aan moraliteit gekoppel kan word, is vir my onbegryplik.
Moses en Josua, wat in opdrag van God optree, al die oorlogsmisdade,
die slagtings, die honderde duisende vroue en kindertjies
doodgesteek, doodgekap, slawerny en menslike offerhandes,
verkragtings, die verdierliking van vroue, die ongebore babas wat uit
vroue se baarmoeders uitgesny word en dan is daar nog daardie
wreedaard, Abraham, wat so waar as wragtig amper sy eie kind se keel
afgesny het. Al hierdie gruwelikhede word aan religie
gekoppel en WEL aan die Skepper daarvan, naamlik: die Abrahamitiese
God van die Bybel." [My beklemtoning]
[2]
Lesers is welkom on hul gedagtes oor hierdie dinge met my te deel
by ws.mcloud@gmail.com
Skrywer:
Dr Willie Mc Loud (Ref. wmcloud.blogspot.com)
Lees ook: Towards a dialogistic approach